Raak betrokke en maak 'n verskil

Borgskappe

Fasiliteerder Borgskap

Skool Borgskap

Produkte Borgskap

'n Besigheid kan 'n fasiliteerder bemagtig om 'n Doen en Leer lid te word. Met ons metodologie en program kan die fasiliteerder toegang tot ons pakkette kry deur ons mentorskap kursus.

  • Werksgeleenthede geskep vir fasiliteerders
  • Pakket, opleiding en inkomste wat deur 'n maatskappy of instituut befonds word
  • Onderrig beperk tot 'n spesifieke skool
  • Boeke vir leerders direk by Doen en Leer gekoop
  • Teikenmark: Graad 1 tot 12 leerders
  • BEE-punte en Artikel 18A-sertifikaat verskaf

Jy kan help om 'n skoolomgewing te skep waar kwaliteit en effektiewe lees-, skryf- en wiskundevaardighede verbeter en bevorder word. Jy kan die skool van jou keuse bemagtig deur onderwyserpakkette, opleiding asook boeke vir leerders te borg. Navorsing het getoon dat lesers ons leiers word wat 'n beter Suid-Afrika bou. Baie skole wil graag hul leerders help met Doen en Leer maar het nie die fondse om dit te laat gebeur nie. 

'n Skoolborgskap sal die volgende insluit:

  • Opvoeders pakkette
  • Opleiding vir opvoeders
  • Leesbundel en werkboeke vir leerders
  • Gereelde monitering van opvoeders en leerders
  • Behoorlike erkenning gegee aan die borg
  • BEE-punte en Artikel 18A-sertifikaat verskaf
  • Teikenmark: Graad 1 tot 12 leerders

(Skole mag nie 'n inkomste met hierdie pakkette genereer nie)

Jy kan help om 'n skoolomgewing te skep waar kwaliteit en effektiewe lees, skryf en wiskundevaardighede verbeter en bevorder word deur Lees en Werkboeke vir leerders te borg. In hierdie geval het die skool reeds 'n pakket gekoop, maar die skool/leerders het nie die fondse om hul eie Lees en Werkboeke te koop nie.

Die produkte borgskap sluit in:

  • Leesbundel en werkboeke vir leerders
  • Gereelde monitering van opvoeders en leerders
  • Behoorlike erkenning gegee aan die Borg
  • BEE-punte en Artikel 18A-sertifikaat verskaf
  • Teikenmark: Graad 1 tot 12 leerders

Hoe wil jy help?

Vul hierdie vorm hieronder in en ons sal binnekort na jou terugkom!
Afrikaans